Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Gru-ongeluk bevestig wat almal in Hartsvallei weet: N18 moet vergroot en wetstoepassing verbeter

Die afsterwe van ses mense in ’n botsing van voor die afgelope naweek tussen Jan Kempdorp en Hartswater, onderstreep die gebrekkige toestand van die betrokke pad op tragiese wyse. Die pad moet nou opgradeer word.

Die pad is deel van die N18, wat Warrenton (aan die N12 tussen Johannesburg en Kaapstad oor Kimberley) met die Ramatlabana-grenspos en Botswana verbind. Dit vorm deel van die Trans-Afrika-hoofweg wat Kaapstad en Kaïro verbind.

Buiten langafstandverkeer, is hierdie roete die hoofslagaar van die Vaalharts-besproeiingskema, een van die grootste en mees gekonsentreerde skemas in Suid-Afrika. Swaar vragtmotors wat stadig beweeg en sigbaarheid beperk, deel dus die pad met passasiersvoertuie wat vinniger beweeg.

Op enkele aansluitings na, bestaan die pad uit een baan in elke rigting, sonder ’n noodbaan links van die geel streep. Die afwesigheid van sigbare wetstoepassing deur die Phokwane-verkeersafdeling vererger die probleem.

Dit is duidelik dat beplanners besef het dat verkeersdrukte ’n vergrote pad sou noodsaak. Die padreserwe en konstruksie van brûe bewys dat ’n dubbelpad in elke rigting beplan was. Tot dusver het dit nog nie werklikheid geword nie.

Die Hartsvallei is een van die swaartepunte van die Noord-Kaapse ekonomie en regverdig ‘n belegging in infrastruktuur. Die vraag is hoeveel sterftes nodig is om die owerheid daarvan te oortuig.

Navrae: 072 938 8588

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.