fbpx
Vryheidsfront Plus

Gru-moord: Noord-Kaapse gemeenskap staan saam

Hartswater het vandag die toonbeeld geword van 'n gemeenskap wat deur tragedie saamgesnoer is.

Die grusame plaasaanval op die Brand-gesin het wetgehoorsame Suid-Afrikaners, maar veral die Vaalharts-gemeenskappe, tot in hul diepste wese geskok. Dit het gelei tot ‘n protesaksie wat vergelyk kan word met die Swart Maandag-protes in 2017.

Met hierdie optog het die gemeenskap 'n duidelike boodskap aan die president en sy regering gestuur dat wetgehoorsame burgers nou hul grondwetlike reg op beskerming en veiligheid opeis.

Die samewerking tussen die onderskeie veiligheidsgroepe en georganiseerde landbou het met die optrede bewys dat hulle 'n sleutelrol speel in die bekamping van misdaad en ook by die opspoor en inhegtenisneming van misdadigers.

Daarom wil die VF Plus ‘n beroep doen op alle Suid-Afrikaners om by soortgelyke groepe betrokke te raak.

Ons sal onsself en ons gemeenskappe moet begin beskerm.

Navrae: 072 938 8588

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.