fbpx
Vryheidsfront Plus

Govan Mbeki-plaaslike munisipaliteit sny Evander se krag onwettig af

Die VF Plus het die Govan Mbeki-plaaslike munisipaliteit (Bethal, Charl Cilliers, Embalenhle, Evander, Kinross, Leandra, Secunda, Trichardt) versoek om die onwettige afsny van Evander-inwoners se krag te verduidelik.

Die munisipaliteit het op 22 Augustus sonder waarskuwing verskeie inwoners se krag afgesny. Selfs inwoners wat koopkrag gebruik en bewys van aankope kon lewer, se krag is summier gesny.

Die VF Plus het die munisipale bestuurder, Elliot Maseko, gekontak waarna betalende rekeninghouers se krag weer aangeskakel is.

Verskeie inwoners het vir etlike maande nie ‘n kragrekening ontvang nie en weet nie weet wat hulle aan die munisipaliteit verskuldig is nie.

Dit maak die afsny van die krag onwettig aangesien die voorgeskrewe wetlike prosesse nie gevolg is nie.

Die wetlike proses behels dat die munisipaliteit ’n kennisgewing op die rekeninghouers moet beteken. Die kennisgewing moet die spesifieke bedrag wat agterstallig is, aandui. Dit is volgens die inwoners nooit gedoen nie.

Die rekeninghouer moet die geleentheid kry om binne veertien dae die rekening te vereffen, of om ’n reëling ten opsigte van afbetaling te tref, of om ’n dispuut te verklaar.

Hierdie prosedure stel munisipaliteite in staat om slegte skuld in te vorder indien dit korrek gevolg word.

Die VF Plus het kragrekeninge van inwoners van die omliggende Embalenthle gesien wat onderskeidelik met R90 000 en R110 000 agterstallig is.

Dit is tyd dat die munisipaliteit plan maak om sy agterstallige skuld in te vorder sodat dienste gelewer kan word.

Die invordering moet egter streng volgens die wet toegepas word. Betalende rekeninghouers moet nie gestraf word nie.

Die VF Plus sal as waghond aanhou optree sodat onwettige optrede van die munisipaliteite teengestaan kan word.

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Mark Surgeon

Tshwane-metro minag Strukturewet

Die Tshwane-metroraad het gister tydens ʼn raadsvergadering die Munisipale Strukturewet geminag deur ʼn verslag wat handel oor ʼn ANC-raadslid wat ses agtereenvolgende raadsvergaderings nie bygewoon

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.