"Inwoners van die Matlosana-plaaslike munisipaliteit (Klerksdorp, Stilfontein, Hartbeesfontein en Orkney) is die verloorders in die uitslag van Disndag se burgemeestersverkiesing. Die ANC, wat weens funksionalisme in die party twee kandidate gestel het, se Washington Ntozini is vanoggend verkies as die nuwe burgemeester van Matlosan," sê Michal Groenewald, VF Plus-leier in Noordwes en raadslid in Matlosana.
Die VF Plus was die enigste opposisieparty wat ‘n kandidaat gestel het. Die uitslag was as volg:
Groenewald sê die uitslag bevestig die VF Plus se waarskuwing dat die ANC daarin sou slaag om homself te herorganiseer. Opposisie in die raad het twee weke gelede ‘n gulde geleentheid gehad om die burgemeesterskap van die ANC weg te neem toe net 25 van hulle raadslede vir raadsvergadering opgedaag het.
Die DA het dié spesiale raadsvergadering op 1 November verlaat en ‘n geleentheid om die ANC in die munisipaliteit te keer, het verlore gegaan.
"Die uitslag beteken dat die inwoners van Matlosana weer deur die ANC se wanbestuur en korrupsie benadeel sal word.
"Die VF Plus sal egter aanhou om teen swak dienslewering te terug te slaan sodat die hele gemeenskap van Matlosana se belange eerste gestel word," sê Groenwald.