fbpx
Vryheidsfront Plus

Geen werkbare oplossing in sig vir Emalahleni-waterkrisis – waterverlies beloop jaarliks meer as R138 miljoen

Die VF Plus vind dit onaanvaarbaar dat die Emalahleni-plaaslike munisipaliteit (Kriel, Ogies, Phola, Emalahleni / Witbank) klaarblyklik nog geen oplossing gevind het vir die waterkrisis wat die munisipaliteit nou al vir etlike jare sporadies teister nie.

Die huidige waterkrisis wat dié munisipaliteit ervaar, het nie oornag ontstaan nie. Swak beplanning van die munisipale bestuurder, Sizwe Mayisela en sy voorgangers, speel ‘n groot rol aangesien infrastruktuur soos pyplyne, damme, watersuiweringsaanlegte en waterpompe nie behoorlik in stand gehou word nie.

Daar is oënskynlik geen kundiges op die gebied van waterbestuur in Emalahleni nie en ook nie die politieke wil om in die beste belang van die belastingbetalers op te tree nie.

Inwoners rapporteer meestal vergeefs lekkende pype, pype wat gebars het en foutiewe watermeters aangesien min daaraan gedoen word.

Volgens inligting van die Emalahleni-raad, verloor die munisipaliteit sowat 3.66 miljoen kiloliter (3.66 miljard liter) water per kwartaal weens gebarste en lekkende pype, gesteelde watermeters en onwettige waterkoppelings.

Teen die goedkoopste prys van R9.43 per kiloliter vir mense wat minder as 6000 liter per maand gebruik, beloop die waterverliese jaarliks R138.2 miljoen.

Hierdie R138.2 miljoen wat jaarliks verlore gaan, kan voorkom word en aangewend word om verouderde infrastruktuur te vervang, die nodige herstelwerk onmiddellik te doen en persone wat hul skuldig maak aan onwettige waterkoppeling, te vervolg.

Die VF Plus het reeds kritiese vrae gerig aan Mpumalanga se premier, me. Refilwe Mtsweni-Tsipane, in verband met die waterkrisis en sal nie rus tot daar antwoorde en 'n werkbare waterplan op die tafel geplaas is nie.

Die enigste langtermyn-oplossing vir die Emalahleni-munisipaliteit se waterkrisis en algemene diensleweringsprobleme is vir inwoners van die munisipaliteit om met die komende plaaslike regeringsverkiesing saam met die VF Plus op te staan, saam te staan en ‘n sterk boodskjap uit te stuur teen die ANC se vernietiging van die munisipaliteit. Die verval kan gestop word.

Navrae: 082 887 5403 / 066 376 332

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Mark Surgeon

Tshwane-metro minag Strukturewet

Die Tshwane-metroraad het gister tydens ʼn raadsvergadering die Munisipale Strukturewet geminag deur ʼn verslag wat handel oor ʼn ANC-raadslid wat ses agtereenvolgende raadsvergaderings nie bygewoon

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.