fbpx
Vryheidsfront Plus

Flou houding van Ramaphosa oor onrus stel teleur

"Die VF Plus sal enige poging steun om die huidige vlaag van anargistiese geweldpleging in die land te ontlont. Die party het egter ’n groot probleem daarmee dat president Cyril Ramaphosa telkens reaktief optree en nie pro-aktief nie," sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.

"Hy meld nou dat die land se onderskeie intelligensiestrukture van die polisie en die weermag op nasionale vlak sal saamwerk. Dit is nou te min te laat.

"Hierdie dienste het totaal misluk ten spyte van al die voorafgaande tekens en waarskuwings sedert verlede Woensdag oor die situasie wat nou in die land ontvou.

"Nog ’n voorbeeld is die feit dat die president in Mei verlede jaar laas met ander politieke leiers in die land gepraat het oor die ernstige probleme rondom die Covid-19-pandemie. Waarom nou eers weer, meer as ’n jaar later.

 

"Die VF Plus doen ’n beroep op die president dat hy moet luister na wat politieke leiers en ander rolspelers te sê het om saam die land se probleme te bowe te kom."

 

"Terwyl pres. Ramaphosa vanaand ’n flou houding ingeneem het oor die onrus wat op landwye anargie afstuur, het direkte beelde oor TV-stasies gewys hoe winkelsentrums gestroop word sonder ’n enkele lid van die weermag of die polisie op die toneel.

"Dit laat ’n vraag ontstaan oor die staat die vermoë en erns om die situasie in KwaZulu-Natal en Gauteng te ontlont voordat dit na die res van land oorspoel. Daar sal vinnig en ferm opgetree moet word om dit wel te voorkom.

"Die VF Plus vind dit ook uiters teleurstellend dat die president redes soos werkloosheid en armoede voorgehou het as moontlike verskoning vir grootskaalse plundery.

"Dit is nie aanvaarbaar nie en die optrede van die oproermakers is niks anders nie as misdadigheid.

"Die VF Plus wil sy beroep van vroeër vandag herhaal om kalm te bly en nie die reg in eie hande te neem nie," sê Groenewald.

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.