fbpx
Vryheidsfront Plus

Emfuleni voldoen al vir vyf jaar nie aan NERSA-regulasies nie

Die jarelange swak bestuur van die Emfuleni-munisipaliteit het nie net ‘n totale ineenstorting van infrastruktuur veroorsaak nie, maar vir die laaste vyf jaar het hy nie aan die voorgeskrewe NERSA-lisensie regulasies voldoen nie.

NERSA se voorwaardes bepaal onder meer die munisipaliteit moet 6% van sy totale jaarlikse elektrisiteitsverkope aan elektriese instandhouding bestee.

In Junie vanjaar het die Gautengse regering ingevolge Artikel 139(b) van die Grondwet Emfuleni-munisipaliteit. Dit volg na gebrekkige instandhouding deur Emfuleni .

Die munisipaliteit het ‘n kritiese tekort aan gekwalifiseerde tegniese personeel.

"In ‘n sprekende voorbeeld van die gevare van Regstellende Aksie (RA) is ongekwalifiseerde en onbevoegde ambagslui in hul plek aangestel," sê Gerda Senekal, VF Plus-raadslid in Emfuleni-plaaslike munisipaliteit.

"Die standaard opgraderingsplan ten opsigte van verouderde elektriese instandhouding van netwerke is ook nie nagekom nie. Vandalisme en verouderde sub-stasies lei tot gereelde kragonderbrekings en inwoners kom gereeld daarteen in opstand.

"Die munisipaliteit se toepassing van die Geïntegreerde Ontwikkelings Plan (GOP) is ook nie in lyn met sy huidige begroting waarvoor daar reeds nie voldoende fondse is nie.

"Swak finansiële beplanning kan die munisipaliteit se skuldlas vergroot en beurtkrag is onafwendbaar. Buiten dat daar nie geld  vir herstelwerk aan vervalle substasies is nie, kan die sukkelende elektriese netwerk beswaarlik die hoofstroom-elektrisiteit hanteer.

"Dit is jammer dat die inwoners van Emfuleni nou die gevolge dra van ‘n munisipaliteit wat oor jare nie hul huis in orde kon hou nie," sê Senekal.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.