Verkeersbeamptes van die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) kan nie langer toegelaat word om wetgewing toe te pas met verkeersvoertuie waarvan die lisensieskywe verval het nie.
Dit is juis die verkeersafdeling wat ʼn voorbeeld moet stel aan inwoners om verkeersreëls te gehoorsaam.
Die verkeersafdeling se voertuie is nie die enigste munisipale voertuie sonder geldige lisensieskywe nie.
Die 69 voertuie wat die munisipaliteit tans gebruik vir wetstoepassing en dienslewering se lisensieskywe het onderskeidelik in April en Augustus verval.
Die VF Plus het meer as ʼn week gelede die burgemeesterskomiteelid vir finansies, Mako Hassan, versoek om dadelik in te gryp en die voertuie se lisensies te hernu.
Die party het ook die munisipale bestuurder, April Ntuli, gevra om die probleem dadelik op te los.
Hierdie is net weer ʼn bewys dat die ANC nie in staat is om Emfuleni suksesvol te bestuur nie.
Emfuleni verdien beter as die ANC.