fbpx
Vryheidsfront Plus

EFF moet pa staan vir skade in vandag se protes-optrede

Die EFF as politieke party moet instaan vir al die skade wat vandag aan besighede en aan die standbeeld van Paul Kruger in Pretoria aangerig is, sê dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus.

Dr. Mulder sê daar kan geen twyfel wees nie dat dit EFF-lede was wat die skade aangerig het. Daar is genoeg video-materiaal en ooggetuies om dit te bevestig. Waar organisasies in die verlede weggekom het deur onbekende individue die skuld te gee vir skade wat aangerig is, is dit hier nie die geval nie.

“Dit is duidelik op video-materiaal sigbaar hoe 'n EFF-lid in rooi uniform 'n brandbom na die Krugerstandbeeld gooi en hoe winkels deur EFF-lede geplunder word.

“Terselfdertyd moet bepaal word wat tydens EFF-leiers se toesprake gesê is en of dit tot die geweld bygedra het.

“Daar moet 'n duidelike onderskeid getref word tussen vreedsame protes en geweld tydens 'n protesoptog. Voor daar nie ernstige optrede van die regering en polisie teen alle vorme van geweld tydens protesoptogte is nie, sal dit voortgaan asof dit die enigste manier van protes is.

“Geweld en skade tydens protes-aksies is misdadige gedrag en individue wat hulle daaraan skuldig maak, moet as misdadigers gearresteer en behandel word.

“By 'n gebrek aan optrede deur die polisie wil die VF Plus privaateienaars van sake-ondernemings en organisasies wat vandag groot skade aan hul eiendom gely het, aanmoedig om die EFF as politieke party aan te kla en verantwoordelik te hou om die skade van dié party te verhaal.

“Dalk maak dit 'n bydrae om protesaksies wat altyd met geweld gepaard gaan, stop te sit,” sê dr. Mulder.

 

Kontaknommers: 083 419 5403 / 082 674 6670

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.