fbpx
Vryheidsfront Plus

Delportshoop-plaasaanval: Moenie dink jy is veilig in eie huis nie

"Die VF Plus het met skok kennis geneem van die plaasaanval op die Hattingh-egpaar van 'n plaas naby Delportshoop in die Noord-Kaap," sê Wynand Boshoff, VF Plus-LP en provinsiale leier in die Noord-Kaap.

"Die bejaarde, invalide man en sy vrou is volgens berig oorrompel deur mense wat beweer het dat hulle 'n kers wou leen. Die bejaarde dame het veilig genoeg gevoel om die veiligheidsdeur oop te los terwyl sy 'n kers gaan soek het.

"Die egpaar is oorval, aangerand en besteel. Dit bevestig dat mens nêrens meer veilig moet voel nie en veral nie deure vir enige vreemdelinge moet oopmaak nie.

"Selfs in die rustige Noord-Kaap word die kwesbaarheid van mense en hul vertroue in die mensdom gebruik om hulle leed aan te doen," sê Boshoff.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Armand Cloete

Premier moet ingryp by Matjhabeng-waterkrisis

Die VF Plus eis dat die Vrystaatse premier, Mxolisi Dukwana, moet ingryp by die voortslepende waterkrisis in die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit (Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia,

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.