fbpx
Vryheidsfront Plus

Dele van Mogale City al nege dae sonder water

Inwoners van sekere woongebiede in die Mogale City-plaaslike munisipaliteit (Krugersdorp, Magaliesburg, Muldersdrift) is vandag al vir nege dae sonder water.

Die VF Plus-raadslede in Mogale City het gister Randwater se kantore in Johannesburg besoek om antwoorde te probeer kry vir die voortslepende watertekorte in Krugersdorp.

Randwater het bevestig dat hy genoeg water aan Mogale City voorsien om reservoirs vol te pomp en dat die munisipaliteit se waterrekening nie agterstallig is nie.

Die party is ook daagliks in verbinding met die munisipaliteit se departement van water en elektrisiteit om vas te stel of daar enige uitdagings aan sy kant is wat verhinder dat genoeg water aan verbruikers voorsien word.

Geen konkrete antwoorde word ontvang nie. Slegs ʼn verslag oor die reservoirs se watervlakke is verskaf wat nog bitter laag is.

Dit blyk intussen dat daar steeds probleme by die Eikenhof-pompstasie is waarvan water na die reservoirs in Krugersdorp gepomp moet word.

Mogale City se gebrek aan instandhouding van die waternetwerk lei ook daartoe dat waterpype bars in gebiede waarheen die watertoevoer wel herstel is.

Getroue belastingbetalers word nou gestraf vir die sondes van Randwater en Mogale City. Dit is veral senior burgers wat die spit afbyt.

Die VF Plus doen ʼn beroep op inwoners met boorgate om water aan ander inwoners beskikbaar te stel.

Diegene wat wel al toegang het tot water moet dit spaarsamig gebruik om die vlakke van reservoirs kans te gee om te stabiliseer om toe te laat dat water ook hoërliggende gebiede bereik.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.