fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

Daar moet streng opgetree word teen polisiebeamptes wat toekyk hoe kragkabels gesteel word

Die VF Plus eis ‘n deeglike ondersoek en streng optrede teen die polisiebeamptes wat in Reigerpark, Boksburg, toegekyk het hoe kragkabels helder oordag gesteel word.

Kabeldiefstal is aan die orde van die dag en die polisie het ‘n verpligting om staats- en privaateiendom te beskerm.

Boksburg wat onder die Ekurhuleni-metroraad val, gaan buiten vir beurtkrag ook gebuk onder misdadigers wat kragkabels steel wat inwoners verder verontrief.

Luidens inligting is die gesteelde kragkabels intussen teruggevind nadat bykomende polisielede in die gebied ontplooi is om die boosdoeners vas te trek.

Die VF Plus sal druk plaas op die provinsiale polisiekommissaris, lt.genl. Elias Mawela, om die onprofessionele gedrag van die beamptes deeglik te ondersoek en die gepaste stappe teen hul te neem.

Dié optrede van polisielede versterk net die publiek se persepsie dat die polisie nie meer in staat is om hul of enige eiendom te beveilig nie en dat die publiek uitgelewer is aan die genade van misdadigers.

Dit kan nie langer geduld word nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.