fbpx
Vryheidsfront Plus

DA-regering laat mense van George in die steek

Grandiose planne waarvan niks kom nie. Dit is in ‘n neutedop hoe die burgemeester van George, Neville Naik, se begroting vir die 2018/2019 opgesom kan word.

Die goedgekeurde begroting verarm George se mense deur tariefverhogings wat ver bo die huidige inflasiekoers is. Belastingbetalers gaan vanjaar 6.84% meer vir elektrisiteit-, 8% meer vir water-, 9% meer vir eiendomsbelasting-, 15% meer vir vuilisverwydering-, 8.5% meer vir riool- en 6% meer vir diverse uitgawes betaal. Dit is ‘n gemiddelde verhoging van 8.89%.

Sedert mnr. Naik agtien maande gelede tot burgemeester verkies is, het die raad by herhaling gehoor van beloftes om George op te hef, beleggers te lok en behoeftige mense te bemagtig. Al wat hy en die DA-regering egter vermag het, was om verdeeldheid te bring onder inwoners deur stereotipes te skep van sogenaamde “ryk wit” en “gekleurde arm" buurte en om hulle te verarm met ondeurdagte besluite.

Die skerp styging in armlastigheids-aansoeke rakende belastings- en dienstegelde dui op die verarming omdat mense eenvoudig nie geld het om te betaal nie.

Die gratis dienste wat toegestaan word, moet nou deur die minder wordende getroue belastingbetalers gesubsidieer word. Dit raak ‘n bose kringloop wat jaarliks vererger en eenvoudig nie volhoubaar is nie.

Een voorbeeld waar die DA-regering eerder bygedra het om die munisipaliteit en gemeenskap te verarm as om op te hef, is om die pryse van die waardevolle industriële erwe agter Stanmar-motors ‘n tweede keer te verlaag om sogenaamde SEB-beleggers te lok.

Die DA-regering se besluit dat die munisipaliteit geen sake sal doen met besighede in George wat nie ten volle getransformeer is nie, is ook kortsigtig en skadelik. Die meeste van hierdie besighede verskaf juis werk aan die armes in die gemeenskap. Hierdie besluit verhoog werkloosheid en armoede.

Daar is R68 miljoen begroot vir oninbare skuld terwyl daar 53% vakante poste in die munisipaliteit is. Dit skets ‘n donker prentjie van onbevoegdheid.

Die VF Plus sal onverpoosd teen hierdie die onbevoegdheid, wanbestuur en die uitbuiting van die belastingbetaler opstaan.

Kontaknommer: 079 898 5682

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.