‘n VF Plus-raadslid in die Emfuleni-stadsraad (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging), Gerda Senekal, het vandag ‘n klag by die Vanderbijlpark-polisiestasie teen ‘n DA-raadslid ingedien nadat hy haar voor die Emfuleni-raadskantore teen die bors gestamp, onwelvoeglike taal toegevoeg en betas het.
Die voorval het kort voor die aanvang van ‘n vergadering van die Seksie 80 omgewingsbestuur-portefeuljekomitee plaasgevind.
Raadslid MS Mashabela van die DA het Senekal gekonfronteer omdat sy hom nie gegroet het nie.
Hy het haar ‘n “wit bliksem” genoem en gesê sy moet met haar ‘k..k’ maniere stop.
Hy het ook, terwyl hy haar stamp, aan haar borste gevat. Senekal het agteruit teen ‘n stel trappe gesteier en ‘n reëling getref.
Senekal het gepoog om van haar aanvaller weg te kom, maar hy het die pad versper. Sekuriteitspersoneel van Emfuleni, wat ooggetuies was van die voorval, het versuim om in te gryp.
Die VF Plus sal ‘n klag indien teen Mashabela by die speaker van Emfuleni en die DA.