fbpx
Vryheidsfront Plus

Byna R3 miljard se water in Gauteng vermors

R3 miljard se water is in die 2016/17 boekjaar deur munisipaliteite in Gauteng vermors. 

Die inligting is vervat in ‘n antwoord van die LUR vir plaaslike regering in Gauteng, Uhuru Moila, in antwoord op‘n geskrewe vraag deur die VF Plus se LPW in Gauteng, Philip van Staden, oor wat dit die belastingbetaler in dié provisie gekos het aan watervermorsing oor hierdie tydperk.

Watervermorsing deur munisipaliteite in Gauteng word veroorsaak deur diefstal en beskadiging van infrastruktuur, waterlekkasies, gebarste pype, reservoirs wat lek, geblokte rioolstelsels, swak instandhouding en ou infrastruktuur.

Van Staden sê alle munisipaliteite in Gauteng is groot watervermorsers en daar kan nie ‘n onderskeid getref word tussen skuldig en onskuldig nie.

Die vermorsing van water per munisipaliteit sien as volg daarna uit: 

 

 

"Die VF Plus is bekommerd oor die omvang van watervermorsing in Gauteng en is van mening dat indringende ingrypings deur munisipaliteite gedoen sal moet word om te voorkom dat Gauteng in die toekoms watertekorte gaan ervaar weens die vermorsing.   

"Die Gautengse regering sal meer druk op munisipaliteite moet plaas om toe te sien dat die onnodige vermorsing van water stopgesit word en dat infrastruktuur verbeter-, en in stand gehou word," sê Van Staden.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.