fbpx
Vryheidsfront Plus

Bewerings dat minister Malusi Gigabe Nasionale Tesourie kaap kan nie ligtelik opgeneem word nie

Bewerings in die media (fin24) dat die minster van finansies, Malusi Gigaba, besig is om Nasionale Tesourie (NT) te kaap deur ‘n parallelle administrasie in sy eie kantoor te skep, is baie ernstig, en die VF Plus heg nie veel waarde aan die minister se ontkenning daarvan nie, sê adv. Anton Alberts, voorsitter van die VF Plus.

Luidens die berig het Gigaba sowat twintig personeellede vir dié doel byeengebring wat reeds belangrike funksies van NT oorgeneem het. Van die persone het noue bande met die Gupta-familie. Die inligting hieroor is glo aan die media gelek deur ontevrede senioramptenare by NT.

Aan die hand van die berig en bewerings daarin het adv. Alberts geskrewe parlementêre vrae aan die minister gerig waarin onder meer gevra word of die minister enige veranderinge aanbring wat die magte van die direkteur-generaal van NT gaan beïnvloed. (Volledige vrae en antwoord hierby aangeheg).

Die minister het al die beweringe in ‘n enkele sin ontken.

Adv. Alberts sê die ANC-regering het reeds herhaaldelik bewys dat hy geensins vertrou kan word nie, en dat selfs die minister ‘n gereelde gas van die Guptas was.

“Teen hierdie agtergrond kan geen waarde geheg word aan die minister se ontkenning nie. Die berig het detail-inligting oor die aangeleentheid bevat, met die name van die betrokke persone. Uit die minster se antwoord is dit duidelik dat hy iets wegsteek.

“Die VF Plus se mening is dat ‘n proses van ‘n parallelle tesourie ontbloot is en dat minister Gigaba en sy meelopers nou deur ‘n ondersoek na die effektiwiteit van die inkomstediens daar wil huis skoonmaak om hul eie kaders te ontplooi.

“Die VF Plus gaan die Staatsdienskommissie versoek om die aangeleentheid te monitor om te sorg dat kundigheid nie verlore gaan nie en SARS nie verder verpolitiseer word nie,” sê adv. Alberts.

QUESTION FOR WRITTEN REPLY

QUESTION NUMBER: 3286[NW3618E]

DATE OF PUBLICATION: 20 October 2017
3286. Adv A de W Alberts (FF Plus) to ask the Minister of Finance:†

(1) Whether he or any person in the Executive or in the National Treasury is making changes to the management, monitoring and compliance unit of the National Treasury; if so, what are the relevant details regarding the (a) reasons and (b) extent of the changes; if not, whether any changes are envisaged; if so,

(2) (a) what will be the full relevant particulars of the nature of the changes and (b) by what date will the changes take effect;

(3) whether he or any person in the Executive or in the National Treasury is making general changes in the National Treasury by appointing people who will amend existing authority and reporting structures and who will in any way undermine, curb or circumvent the powers of the director-general; if so, what are the relevant details of the (a) reasons and (b) extent of the changes; if not, whether any changes are envisaged; if so,

(4) (a) what will be the full relevant details of the nature of the changes and (b) by what date the changes will take effect? NW3618E

Reply:

The National Treasury is not aware of any of the alleged changes alluded to.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.