fbpx
Vryheidsfront Plus

Waterlek in Carletonville laat yslike sinkgat in pad

Die munisipaliteit se onvermoë om dienslewering suksesvol in Merafong (Carletonville) toe te pas, is die naweek weer beklemtoon toe duisende liter onbeheerde water ‘n sinkgat in Kaolinstraat, Carletonville, gevorm het, sê Ben van der Berg, VF Plus-raadslid in Merafong.

“Die sinkgat het gevorm toe water vanuit ‘n gebarste waterpyp gestroom het en ‘n stuk teerpad oopgekalwe het. Die pyp is later herstel, maar die gat is net so gelaat. Sondagoggend het die pyp weer gebars en duisende liter drinkwater het die gat vergroot.

“Motoriste het probeer om die gat te vermy, maar die verbrokkeling het so vinnig vererger en ‘n sinkgat gevorm. ‘n Motor het minute later in die sinkgat beland.

“Omdat die dorp op dolomietiese grond gebou is, is waterlekke fataal. Wanneer ‘n waterlek aangemeld word, neem dit weke voordat die munisipaliteit dit regmaak. Dan is daar gewoonlik ook nie die nodige materiaal vir die werk nie.

“Daar is talle ander infrastruktuur-probleme soos geblokte dreine wat nie reggemaak word nie. Riool stroom steeds in waterkanale wat uitloop in vername spruite.

“Inwoners is woedend. Die dorp stink, niks word reggemaak nie en die burgemeesterslid oor infrastruktuur is stil hieroor,” sê Van der Berg.

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.