fbpx
Vryheidsfront Plus

Balju lê beslag op meubels en rekenaars van Emfuleni-plaaslike munisipaliteit weens agterstallige skuld

Amptenare van die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) moes verlede Donderdag hul werksaamhede summier stop toe die balju15 rekenaars en ‘n aantal kantoorstoele uit die kantore van die munisipale bestuurder en krediet-kantore verwyder het.

"Hierdie aksie is sekerlik een van vele wat gaan volg omdat die Emfuleni-munisipaliteit nie hul diensverskaffers betaal nie. Hierdie mense is genoodsaak om hulle tot die hof te wend in ‘n poging om hul uitgawes te verhaal," sê Gerda Senekal, VF Plus-raadslid in die Emfuleni-raad.

Diensverskaffers wat uitgekontrakteer is om vullisverwyderingsdienste te behartig, kan ook nie meer soos in die verlede weekliks by huise aandoen nie.

Die dienste word nou op ‘n maandelikse basis gelewer weens ernstige brandstof-tekorte.

 ‘n Verdere probleem is dat net drie vragmotors vir vullisverwydering gebruik word omdat die stadsraad die kontrakteur R9 miljoen skuld vir dienste gelewer. Intussen hoop vullis oral op en is ‘n gesondheidsgevaar onafwendbaar as die situasie voortduur.

"Kantore van die VF Plus word oorval met oproepe van inwoners wat dreig om hul dienstegeld terug te hou weens die swak dienslewering op die dorp.

"Selfs die kantore van die VF Plus wat binne die munisipale kompleks geleë is, ondervind geweldige uitdagings omdat die diensverskaffer weier om ink af te lewer weens uitstaande rekeninge.

"Die situasie in Emfuleni is besig om breekpunt te bereik en belastingbetalers se geduld is op.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.