fbpx
Vryheidsfront Plus

AstraZeneca: Mkhize moet sê waarom Suid-Afrika nog nie ontslae is van die entstof nie en waarom WGO nog verdere dosisse wil lewer

"Die VF Plus dring daarop aan dat die minister van gesondheid, Zweli Mkhize, oop kaarte moet speel met die mense van Suid-Afrika oor die 1 miljoen dosisse AstraZeneca-entstof wat die regering aangekoop het," sê Philip van Staden, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder van gesondheid.

"Hy moet sê waarom dit nog nie aan die Afrika Unie verkoop is nie en waarom die parlement en die publiek nie ingelig is nie oor ‘n vrywaringsklousule in die ooreenkoms tussen Suid-Afrika en die Serum-Instituut van Indië wat die proses om dit aan die Afrika Unie (AU) te verkoop, vertraag.

"Die minister moet die inhoud van hierdie vrywaringsklousule openbaar maak en sê wat Suid-Afrika met die entstof gaan doen indien dit nie aan die AU verkoop kan word nie.

 

"Daar moet ook duidelikheid verskaf word oor waarom daar, luidens berigte, deur die Wêreldgesondheidsorganisasie se Covax-program tussen nou en Mei 2021 nog ‘n verdere 2.4 miljoen dosisse van AstraZeneca aan Suid-Afrika gelewer gaan word."

 

"Dit terwyl dit bekend is dat die entstof nie-geskik is teen die huidige, plaaslike variant van die virus nie.

"Daar heers tans groot verwarring oor die regering se huidige werksaamhede met die verkryging van entstowwe en die nuwe AstraZeneca-openbaring vererger net die verwarring.

"Die VF Plus het reeds by herhaling gesê dat die regering nie die teiken van 1.1 miljoen inentings teen die einde van Maart 2021 gaan haal nie en dat teikens gestel word wat nie haalbaar is nie.

"Met hierdie optrede maak die regering ‘n bespotting van homself in die oë van die wêreld.

"Die regering moet ophou om in ‘n staat van ontkenning te verkeer en sal vinnig moet wakker skrik om te verhinder dat die huidige proewe en aankope nie ook rampspoedig eindig nie," sê van Staden.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.