fbpx
Vryheidsfront Plus

ANC wys dat niks hom sal keer op pad na onteiening sonder vergoeding

Die VF Plus neem kennis daarvan dat die parlementêre portefeuljekomitee op openbare werke vandag in die parlement die Wysingswetsontwerp op Onteiening onttrek het.

"Die rede vir die onttrekking van die wetsontwerp is om onteiening sonder vergoeding te bespoedig. Dié proses vereis dat, wanneer die Grondwet gewysig word, die wysiging deur gewone wetgewing moet geskied," sê Pieter Groenewald, VF Plus-leier.

Groenewald sê dit is duidelik dat die ANC hom nie van stryk laat bring deur berade en voorstelle van die landbousektor oor hoe om grondhervorming te versnel nie.

"Die regerende party gaan eensydig voortgaan om die Grondwet te wysig om voorsiening te maak vir onteiening sonder vergoeding

Die ANC mislei die publiek en landbou-organisasies deur voor te gee dat hy planne en voorstelle om grondhervorming te versnel verwelkom. Sodoende wek hy die indruk dat hy nie sal voortgaan met onteiening sonder vergoeding nie.

"Hierdie onttrekking deur die portefeuljekomitee van die wetsontwerp wat reeds in 2015 opgestel is, dien as duidelike bewys dat die ANC die Grondwet sal wysig om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak en om Suid-Afrika sodoende op ‘n vernietigingspad te plaas wat sal eindig in ‘n Zimbabwe-situasie," sê Groenewald.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.