Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

ANC maak deur sy optrede ‘n klug van Sestien Dae van Aktivisme teen Vroue en Kinders

"Nieteenstaande al die mooi slagspreuke, programme, planne en uitsprake rondom Sestien Dae van Aktivisme teen Vroue en Kinders, duur die slagting net voort," sê Tammy Breedt, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder van vroue.

"Op die derde dag van die veldtog het die ANC selfs in die nasionale raad van provinsies ‘n mosie van die VF Plus verwerp wat gehandel het oor ‘n wreedaardige plaasaanval waar ‘n boervrou brutaal aangerand en haar man vermoor is.

"Op Maandag 25 November vanjaar, die Internasionale Dag vir die Uitwissing van Geweld teen Vroue  en die begin van die sestiendae-veldtog, is gehoor van die moord op die student Precious Ramabulana van Limpopo wat verkrag en 52 keer met ‘n mes gesteek is.

 

Sedertdien was daar etlike voorvalle van die uiterste geweld teen vroue en kinders. ‘n Pa van Bloemfontein het sy eie elfjarige kind so erg beseer en gewurg dat sy in ‘n hospitaal opgeneem moes word. ‘n Onderwyseres van die Paarl, Michele Pietersen is verlede week dood nadat ‘n betonblok haar op die N1 in die gesig getref het.

 

Vyf dae nadat die veldtog begin het, is Marlene Ferreira op haar plaas buite Jeffreysbaai geskiet. Sy kon darem terugveg, maar die res van die naweek se slagoffers was nie so gelukkig nie. Van die voorvalle waaroor gerapporteer is, sluit in:

 

 

Hierdie is van die aanvalle op vroue en kinders waaroor berig is sedert die veldtog begin het. Ons is nou eers halfpad deur die sestien dae-veldtog. 

 

"Praatjies en planne alleen gaan nie resultate oplewer nie. Die polisie moet hul sokkies optrek en seker maak daar is voldoende verkragtingstelle (rapekits) in polisiekantore. Polisielede moet opgelei word oor hoe om slagoffers met die nodige empatie by te staan."

 

"Howe vir seksuele oortredings moet die slagoffers ter wille wees en beskerm, nie die oortreders nie en die president se Vyfpunt-plan moet resultate begin lewer en nie by leë woorde bly nie. Daar is genoeg gepraat, daar moet nou gedoen word," sê Breedt.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.