fbpx
Vryheidsfront Plus

ANC in Mogale City (Krugersdorp, Magaliesburg, Muldersdrift) wurg belastingbetalers

"Die ANC-beheerde Mogale City Munisipaliteit (Krugersdorp, Magaliesburg, Muldersdrift) se begroting vir die komende finansiële jaar wat gister tydens ‘n raadsvergadering goedgekeur is, benadeel die ekonomie," sê Amanda de Lange en Tjaart Steenkamp, VF Plus-raadslede in Mogale City

"Watertariewe vir besighede word met meer as 12% verhoog terwyl tariewe vir huishoudelike gebruik met nagenoeg 6% verhoog. Betalende inwoners se gratis 6 kiloliter water per maand word ook weggeneem. Inwoners moet ook nagenoeg 7% meer vir elektrisiteit betaal en 6% meer vir vullisverwydering.

"Betalende inwoners moet wanbetalers subsidieer terwyl hul self ly onder gebrekkige dienslewering en vervalle infrastruktuur. Die begroting van die munisipaliteit is nie daarop gemik om die ekonomie van die onderskeie dorpe te stimuleer deur 'n gunstige omgewing vir die privaatsektor te skep nie.

"Die onbillike watertariefverhogings kom terwyl groot gedeeltes van Krugersdorp gereeld sonder water is.

"Die munisipaliteit se finansiële bestuur en beplanning laat veel te wense oor. 'n Ernstige tekort aan kontantvloei noodsaak munisipale lenings waarop rente betaalbaar reeds R45 miljoen beloop.

"Te midde van die geweldige finansiële druk waaronder die munisipaliteit verkeer, is dit onaanvaarbaar dat die salarisrekening met 11% verhoog.  Die grootste gedeelte van die salarisrekening behels bestuursposte. Dit is kommerwekkend aangesien die werksaamhede van die munisipaliteit nie van kundige bestuur getuig nie.

"Die VF Plus kan nie die ontoereikende begroting steun nie," sê De Lange en Steenkamp  in 'n gesamentlike verklaring

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.