"Die Tshwane-metroraad se begroting vir die 2018/19 finansiële jaar is nie gemik op korttermyn gewin nie, maar eerder op toekomstige volhoubaarheid," sê Awie Erasmus, VF Plus-raadslid en voorsitter van openbare rekeningekomitee: Tshwane-metroraad.
Die VF Plus wat die tweede grootste vennoot in die koalisie-regering is, het die burgemeester egter gewaarsku dat die streep nou getrek is en dat die openbare rekeningekomitee spesifiek gaan fokus op ongemagtigde uitgawes.
Die komitee sal verder wil verseker dat die stad effektief bestuur word tot voordeel van sy inwoners.
"Die VF Plus-burgemeesterskomiteelid vir gesondheid, raadslid Sakkie du Plooy, het ook versoek dat daar ‘n beginselbesluit geneem moet word om meer fondse beskikbaar te stel aan die departement van gesondheid om noodsaaklike dienste te kan lewer.
"Anders as in meeste van die ander munisipaliteite in Suid-Afrika fokus die koalisie-regering daarop om ekonomiese groei te stimuleer deur nie tariewe van besighede buitensporig te verhoog nie.
"Die koalisie-regering van Tshwane het alles in hul vermoë gedoen om die tariewe so laag as moontlik te hou, en selfs tariewe laer gehou as deur Randwater en Nersa bepaal," sê Erasmus.
Die tariewe kan as volg opgesom word:
Die VF Plus het daarop gewys dat daar steeds meer gedoen kan word om tariewe te verminder in die toekoms deur beter finansiële bestuur en interne kontroles.
Die kapitaalbegroting van R4 miljard sal hoofsaaklik vir die volgende infrastruktuurprojekte aangewend word:
"Die koalisie-regering sal voortgaan met sy strategie om die bates van die stad behoorlik te onderhou, deur R1,6 miljard daarvoor beskikbaar te stel, wat as ‘n rekord bedrag beskou word.
"Die koalisie-regering het goed gevorder met die stabilisering van finansies, maar ‘n reuse taak lê voor om ‘n gunstige sakeklimaat te skep en die standaard van dienslewering te verhoog," sê Erasmus