fbpx
Vryheidsfront Plus

Administrateurs van Tshwane-metro adverteer poste ‘n week voor appèlhof-saak

Die VF Plus het inligting ontvang dat die administrateurs van die Tshwane-metroraad vir die tweede keer in ‘n paar weke poste adverteer om gevul te word in ‘n afdeling wat nie amptelik bestaan nie.

Die VF Plus het vroeër gewaarsku dat die poste nie wettig sou wees nie waarna die poste op daardie stadium onttrek is. Die administrateur het ook afgesien van sy plan om 'n voltydse stadsbestuurder aan te stel in afwagting van die grondwetlike hofsaak oor die wettigheid van die administrasiebevel.

Die poste word ook 'n week voor die hofsaak geadverteer. Die appèlhof-saak handel juis oor die geldigheid van die administrasiebevel en dit omgekeer kan word.

Hierdie aanstellings is van kritieke belang nie en gaan onnodige kostes meebring. Die poste kan veel eerder deur interne kandidate gevul word op 'n waarnemende grondslag aangesien die amptenare vertroud is met die werk en koste so bespaar kan word.

Die VF Plus benadruk weereens die feit dat die administrasiebevel soos vervat in Artikel 139(c) van die Grondwet, voorsiening maak vir die administrateurs om op die korttermyn stabiliteit na ‘n raad te bring, en dit slegs vir 90 dae. Die 90 dae het reeds verval en maak die beoogde aanstellings soveel meer teenstrydig met die Grondwet.

Die party het reeds voorheen sy misnoeë uitgespreek rondom verskeie onwettige optredes van die Tshwane-administrateur asook die ANC-beheerde Gauteng-provinsie se uitvoerende komitee wat insluit die goedkeuring van ‘n onwettige begroting, die agterstand van uitklaringsertifikate, gebrekkige dienslewering, die beoogde onwettige aanstelling van ‘n stadsbestuurder en die skep van nuwe poste in die kantoor van die administrateur.

Die VF Plus is tans besig met ‘n omvattende aksieplan om die beoogde poste en die onwettige goedgekeurde begroting te stop.

Navrae: 072 815 4053

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.