Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Onsigbare letsels van geslagsgeweld kan met witboordjie-misdade vergelyk word

(Debat: Gautengse Vroue-parlement)

Emosionele geweld teenoor vroue in die werkplek is ‘n algemene tendens. Selfs binne die mure van die Gautengse provinsiale regering waar komitees gestig en programme teen geslagsgeweld aangebied word, vind emosionele teistering en diskriminasie plaas.

Die onsigbare emosionele letsels van vroue kan vergelyk word met witboordjie-misdaad. Daar is mans wat dink dit is aanvaarbaar om vroue te intimideer, te dreig of te teister solank hulle nie hul hand teen vroue lig en sigbare letsels laat nie.

Sedert die eerste viering van Vrouedag in Augustus 1995 het nog nie veel verander nie, behalwe dat statistiek van geweld teenoor vroue daagliks styg.

Tydens die eerste week van die grendelstaat aan die einde Maart is daar meer as 87 000 gevalle van misdaad teenoor vroue gerapporteer.

Daar het verlede jaar meer as 143 gevalle van geweld teenoor vroue en kinders daagliks plaasgevind.

In die jongste voorval in Gauteng is ‘n ma en haar twee dogters verlede week wreed in hul huis in Muldersdrift aangerand en verkrag.

Vroue in Suid-Afrika moet nooit opgee in ‘n stryd om gelyke regte nie.

Vroue is die steunpilare van hul gemeenskappe en die ANC-regering sal met meer erns geslagsgeweld moet aanspreek.

Die VF Plus stel dit duidelik dat daar hervorming van die strafregstelsel sal moet plaasvind om werklik hierdie geweldmisdaad hok te slaan.

Navrae : 0716049498

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.