Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Adjunk-president gee toe dat meer grondgrype plaasvind as wat aanvaarbaar is

"Adjunk-president David Mabuza het vandag op ‘n vraag van die VF Plus in die nasionale raad van provisies bevestig dat daar toenemend meer grondgrype plaasvind as wat aanvaarbaar is," sê Fanie du Toit, VF Plus-LP in die NRP.

"Hy het gesê die regering het verskillende inisiatiewe om grond aan mense te gee, maar dat voorgeskrewe prosedures gevolg moet word. In gevalle waar grondgrype wel plaasvind, moet die regsroete gevolg word om die situasie te beredder.

"Die antwoorde het gevolg op vrae van die VF Plus oor watter stappe die adj.-pres. gedoen het om die aanhoudende aanhitsing tot grondgrype te verhinder wat plaasvind tot nadeel van sosiale samehorigheid en landelike ekonomiese ontwikkeling.

"Die VF Plus sal voortgaan om druk op de regering te plaas om te keer dat grondgrypery in Suid-Afrika in ‘n Zimbabwe-situasie ontaard," sê du Toit.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.