Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Opgradering van kragkabels in Kemptonpark kan nie langer sloer

Kemptonpark se inwoners en ondernemings ly al jare onder herhaalde en langdurige kragonderbrekings weens verouderde oliegevulde kragkabels wat reeds 50 jaar oud is.

Hierdie kabels veroorsaak gereeld foute en laat inwoners soms dae of weke sonder elektrisiteit.

Die Ekurhuleni-metro het begin om hierdie ou kabels met moderne poliรซtileen-kabels (XLPE) te vervang. Die nuwe kabels is meer hittebestand, kan โ€™n groter lading dra en is aansienlik makliker om in stand te hou. Dit behoort kabelfoute, instandhoudingskoste en lang onderbrekings te verminder.

Die projek is tans sowat 70% voltooi. Dit het begin nadat die VF Plus reeds in 2021 aangedring het op die vervanging van die onbetroubare netwerk.

Gedurende die koalisietydperk, toe die VF Plus deel van die regering was, is drie kraglyne voltooi. Sedert die regeringsverandering is slegs een bykomende lyn afgehandel.

Die vordering is dus onaanvaarbaar stadig. Die herstel van die ou oliegevulde kabels word al hoe moeiliker en duurder, veral omdat gespesialiseerde onderdele nie plaaslik beskikbaar is nie en tot vier maande kan neem om beskikbaar te wees.

Die VF Plus doen โ€™n beroep op die metro om die oorblywende werk sonder verdere vertragings af te handel. Inwoners moet deurlopend ingelig word oor die vordering, die verwagte voltooiingsdatum en enige beplande onderbreking.

Kemptonpark kan nie voortgaan om die gevolge van โ€™n vervalle elektrisiteitsnetwerk te dra nie.

Daar is net een manier om Kemptonpark reg te ruk. Dit om VF Plus te stem op 4 November.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.