Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Msukaligwa-begroting finansiële onvolhoubaar

Die VF Plus het die voorgestelde begroting van die Msukaligwa-plaaslike munisipaliteit (MLM), wat is Ermelo, Breyten, Chrissiesmeer, Lothair en Davel insluit, nie gesteun nie omdat dit finansieel onrealisties en onvolhoubaar is.

Die bedryfsbegroting toon ’n tekort van meer as R542 miljoen, met uitgawes van R1,91 miljard teenoor inkomste van slegs R1,37 miljard.

Verbruikerskuld beloop reeds meer as R1,5 miljard, waarvan ’n groot deel ouer as 90 dae is, terwyl skuldvermindering tot R167 miljoen gestyg het. Die invorderingskoers bly laag op 74%, ver onder die aanvaarbare teiken van 95%.

Die voorgestelde tariefverhogings is soos volg:

• Water: 6%
• Sanitasie: 7,7%
• Elektrisiteit: 12,7%
• Vullisverwydering: 23,5%

Onwettige verbindings, diefstal en vandalisme veroorsaak dat die munisipaliteit tans sowat 61% van sy elektrisiteit en 66% van sy water verloor. Hierdie verliese vererger die druk op ’n infrastruktuur wat reeds verouderd is en op netwerke wat oorlaai en swak in stand gehou word.

Die VF Plus het praktiese oplossings voorgelê om inkomste te verbeter, insluitend mosies oor dienslewering en finansiële herstel, asook voorstelle vir wysigings aan ordonnansies oor elektrisiteit en water met swaarder boetes vir diefstal en gereelde inspeksies. Die ANC het al hierdie voorstelle verwerp.

Die ouditeur-generaal (OG) het bevestig dat MLM vir vier jaar geen aandag gegee het aan aanbevelings om prestasie te verbeter nie. Daar is geen gevolgbestuur vir wanprestasie nie, geen effektiewe aksieplanne vir ekonomiese groei nie, en geen politieke wil om basiese dienste te herstel nie.

Die VF Plus kon nie ’n begroting steun wat nie volhoubaar is nie, wat nie die basiese behoeftes van inwoners aanspreek nie en wat belastingbetalers verder benadeel nie.

Inwoners verdien ’n munisipaliteit wat fiskale dissipline toepas en basiese dienslewering prioritiseer.

Op 4 November 2026 het kiesers die geleentheid om vir die VF Plus te stem om ANC te vervang met ’n party wat dienslewering en goeie finansiële bestuur in Msukaligwa voorop stel.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.