Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Mosie van wantroue teen uitvoerende burgemeester van Oudtshoorn

Die VF Plus, tesame met Icosa en die DA, het ‘n mosie van wantroue teen die uitvoerende burgemeester van die Oudtshoorn-munisipaliteit, Mziwoxola Tyatya (ANC), ingedien.

Dit volg nadat ‘n strafregtelike klag by die polisie aanhangig gemaak is rakende ‘n beweerde moontlike onreëlmatige Salga-reis- en/of verblyf-eis.

Luidens die mosie hou die aangeleentheid verband met ‘n reis na Caledon op of omstreeks 10 en 11 Mei 2026. Na bewering het Tyatya ‘n amptelike munisipale voertuig daarvoor gebruik, terwyl dokumentasie daarop dui dat ‘n Salga-eis terselfdertyd ingedien en uitbetaal is.

Dit laat ernstige vrae ontstaan oor moontlike dubbele vergoeding, wanvoorstelling, onregmatige persoonlike voordeel en/of die misbruik van munisipale hulpbronne.

Die speaker het die mosie ontvang en dit sal by die volgende raadsvergadering op die agenda dien.

Die VF Plus wil beklemtoon dat die mosie nie ‘n strafregtelike bevinding van skuld is nie. Die ondersoek en enige moontlike vervolging bly die verantwoordelikheid van die polisie, die nasionale vervolgingsgesag (NVG) en die howe.

Die VF Plus dring aan op openbare vertroue, verantwoordbaarheid en die beskerming van belastingbetalers se geld. Die party meen dat die raad die reg en plig het om te bepaal of die uitvoerende burgemeester steeds die vertroue van die raad geniet terwyl die ondersoek voortgaan.

Die VF Plus sal voortgaan om toe te sien dat alle bewerings van moontlike wanadministrasie, onbehoorlike voordeel of die misbruik van openbare hulpbronne behoorlik ondersoek word.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.