Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Johannesburg kan nie ‘n salarisooreenkoms van R10,3 miljard bekostig

Die ANC-geleide koalisie in die Johannesburg-metroraad se salarisooreenkoms van R10,3 miljard met die Suid-Afrikaanse munisipale werkersunie (Samwu) oor die volgende twee jaar is eenvoudig nie bekostigbaar nie gegewe die metro se huidige finansiële posisie.

Hoewel die uitvoerende burgemeester, Dada Morero, daarop aandring dat die ooreenkoms nodig is om werkers tevrede te hou, is die werklikheid dat enige organisasie wat finansiële druk ervaar, moeilike besluite moet neem.

Wanneer ’n onderneming finansieel begin swaarkry, word oorhoofse koste verminder, salarisverhogings dikwels opgeskort en bedrywighede gestroomlyn om finansiële stabiliteit te herstel.

Die ouditeur-generaal (OG) se jongste ouditverslag, wat ernstige tekortkominge in bestuur en finansiële beheer uitwys, beklemtoon verder hierdie werklikheid.

Die metro het slegs ’n gekwalifiseerde ouditmening ontvang, wat weereens swak interne beheermaatreëls en gebrekkige finansiële bestuur blootlê.

Van die mees kommerwekkende bevindings was die verliese wat sleutel-entiteite gely het, met nie-inkomste waterverliese van 44,7%, wat neerkom op sowat R3,8 miljard.

City Power het tegniese en nie-tegniese verliese van sowat 30% gerapporteer, ter waarde van sowat R5,7 miljard.

Johannesburg se finansiële posisie het die afgelope vyf jaar beduidend verswak met ‘n verstommende R45,16 miljard wat afgeskryf is weens ongemagtigde, onreëlmatige, vrugtelose en vermorste uitgawes.

Die party doen ’n sterk beroep op Morero om die salarisooreenkoms te heroorweeg, aangesien R10,3 miljard eerder ’n betekenisvolle bydrae kan lewer tot die herstel van Johannesburg se groeiende infrastruktuur-agterstand en die verbetering van dienslewering aan inwoners.

Die VF Plus bly verbind tot goeie, regverdige, skoon en verantwoordbare regering.

Kiesers moet registreer en op 4 November vir die VF Plus stem om ʼn eerlike en deursigtige regering in Johannesburg in beheer te plaas.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.