Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Regerende koalisie in Tshwane minag oorsigkomitee en opposisie

Die Tshwane-metroraad se oorsigkomitee vir behuising en menslike nedersettings kon op 9 Junie nie met sy werksaamhede voortgaan nie aangesien lede van die ANC, DA en EFF nie opgedaag het vir ʼn belangrike vergadering nie.

Omdat slegs vier van die veertien stemgeregtigde komiteelede teenwoordig was, het dit nie ‘n kworum gevorm nie en moes die vergadering verdaag word sonder dat ‘n enkele verslag oorweeg kon word.

Vier verslae wat die kern van die besteding van openbare geld en dienslewering aan kwesbare gemeenskappe vorm, was op die sakelys.

Dit sluit die mediumtermyn-prestasieverslag van die departement in wat herhaalde tekortkominge bevat wat die ouditeur-generaal (OG) uitgewys het.

Drie verslae oor die verkwistende besteding van miljoene rande en mislukte projekte in Phomolong, Olievenhoutbosch-uitbreiding 60 asook Soshanguve-uitbreidings 5, 12 en 13, kon ook nie bespreek word nie.

Die VF Plus, wat wel opgedaag het, is van mening dat die minagting van die oorsigkomitee se werksaamhede nie ‘n beuselagtigheid is nie, maar dat dit op ’n mislukking van toesig dui en ’n departement beskerm wat reeds onder ouditbevindings en mislukte kontrakte gebuk gaan.

Die party doen ’n beroep op die komiteevoorsitter en die kantoor van die speaker om die komitee dringend weer byeen te roep en om die partye wat verantwoordelik is vir die gebrek aan ’n kworum, tot verantwoording te roep oor hul afwesigheid.

Inwoners van die Tshwane-metroraad sal op 4 November 2026 die geleentheid kry om vir die VF Plus te stem om verantwoordbaarheid in die metro te verseker.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.