Die VF Plus wens mnr. Adam Bossau, ‘n VF Plus-verteenwoordiger in Rustenburg, geluk met sy verwerwing van ‘n BA graad in Politiek, Filosofie en Ekonomie aan Akademia vroeër die week.
Mnr. Bossau, ‘n bekende sakeman van Rustenburg, het reeds ‘n suksesvolle termyn as VF Plus-raadslid in die plaaslike munisipaliteit voltooi en is ook ‘n potensiële kandidaat vir die party in die komende plaaslike regeringsverkiesing.
Die VF Plus sal sy kundigheid, verál ten opsigte van plaaslike ekonomiese ontwikkeling, aanwend in partystrukture regoor Noordwes tot voordeel van ons gemeenskappe.
Die oordrag van hierdie kundigheid aan verál die VF Plus-kandidate in die plaaslike regeringsverkiesing, sal verder bydra tot die versterking van professionele dienslewering in plaaslike munisipaliteite in Noordwes.


