Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus distansieer homself van onreëlmatige raadsprosesse en beweerde afdanking van Thabazimbi-munisipale bestuurder

Die VF Plus in die Thabazimbi-plaaslike munisipaliteit (Thabazimbi, Northam, Leeupoort en Rooiberg) distansieer hom van enige besluite of resolusies wat tydens die onlangse spesiale raadsvergadering op 28 Februarie geneem is weens ernstige prosedurele tekortkominge.

Tydens dié vergadering is die munisipale bestuurder, mnr. Gopolang Clement Letsoalo, na bewering uit sy pos ontslaan.

Die probleme het begin met die uitstel van ʼn spesiale raadsvergadering vir 27 Februarie weens die gebrek aan ʼn kworum.

Raadslede het ook slegs 48 uur kennis gekry van die vergadering, terwyl die belangrike aansuiweringsbegroting en agenda eers 22 uur voor die sitting bekend gemaak is.

Die raadsvergadering is verskuif na ʼn virtuele vergadering op 28 Februarie, maar geen skakel is aan raadslede gestuur nie, wat dit onmoontlik gemaak het om deel te neem.

Ten spyte van hierdie administratiewe mislukkings het gerugte sedert 2 Maart begin sirkuleer oor groot besluite wat tydens die virtuele vergadering geneem is.

Vandag (4 Maart) het ANC-burgemeester, Tumisang Pilane, in ‘n amptelike skrywe bevestig dat die munisipale bestuurder uit sy pos ontslaan is.

Nie die VF Plus of enige ander opposisieparty het die virtuele vergadering bygewoon waar dié besluit geneem is nie.

Die party het ‘n bywoningsregister aangevra om te verifieer of ‘n wettige kworum teenwoordig was en om duidelikheid te kry oor die geldigheid van enige aanvaarde resolusie.

Daar bestaan dus geen wettige raadsbesluit waarby die VF Plus betrokke was nie.

Die party beskou enige besluit wat geneem is buite die raamwerk van die Munisipale Strukturewet en die Munisipale Stelselswet as onwettig.

Die VF Plus sal nie toelaat dat sulke onreëlmatige besluite die gemeenskap benadeel nie en distansieer homself formeel van alle uitkomste uit hierdie betwiste proses.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.