Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Kemptonpark steun VF Plus se voedselprojek vir diere

Inwoners het met groot entoesiasme die VF Plus se voedselprojek ten bate van die Kemptonpark-dierebeskermingsvereniging (DBV) gesteun.

Hierdie inisiatief het weereens bewys dat Kemptonpark ’n gemeenskap is wat saamstaan waar dit die dringendste nodig is en veral om die dorp se mees kwesbare diere te beskerm.

Die donasies wat ingesamel is, maak ’n beduidende verskil aan die DBV se daaglikse werk om diere in nood te versorg. In ’n tyd waarin die vereniging ’n toename in hawelose diere ervaar, bied die projek broodnodige verligting en hoop.

Die VF Plus spreek sy opregte dank uit aan elke inwoner wat bygedra het.

Die sukses van die projek weerspieël die breër gees van medemenslikheid en solidariteit wat Kemptonpark definieer.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.