Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Skorsing van hoof van Gautengse gesondheidsdepartement ‘n stap in regte rigting

Die VF Plus beskou die skorsing van die hoof van die Gautengse gesondheidsdepartement, mnr. Arnold Moletana, as ‘n stap in die regte rigting vir verantwoordbaarheid.

Die dade van wanadministrasie, bedrog en korrupsie by die Tembisa-hospitaal wat die spesiale ondersoekeenheid (SO) oopgevlek het, asook die ontstellende moord op die fluitjieblaser, Babita Deokaran, beklemtoon die dringende behoefte aan deeglike ondersoeke en hervormings in die departement.

Die omvang van wanadministrasie by die Tembisa hospitaal is so groot dat wettige optrede eerder die uitsondering blyk te wees. Die SOE het 207 diensverskaffers geïdentifiseer waarvan 108 na die departement verwys is vir administratiewe en dissiplinêre optrede. Skynbaar het R122 miljoen se betalings na korrupte amptenare gevloei.

Verder blyk daar bewyse te wees dat die departementshoof na bewering ook omkoopgeld ontvang het. Daarom is Moletana se skorsing, hangende ‘n ondersoek, geregverdig.

Die enigste manier hoe Suid-Afrika ontslae kan raak van die plaag van wanadministrasie en selfverryking ten koste van die publiek, is om te verseker dat persoonlike aanspreeklikheid van amptenare die kern vorm van goeie regering en dienslewering.

Slegs wanneer amptenare ‘n persoonlike prys betaal – wanneer hul eie belange op die spel is – sal goeie regering vir en namens die publiek effektief plaasvind.

Die VF Plus verwag dat dieselfde verantwoordbaarheid sal plaasvind in elke departement in Gauteng.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.