Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Modimolle-Mookgophong staar onseker toekoms in die gesig te midde van munisipale bestuurder-krisis

Die Modimolle-Mookgophong-plaaslike munisipaliteit (Nylstroom, Alma, Vaalwater, Naboomspruit, Roedtan) staar ‘n tydperk van administratiewe onsekerheid in die gesig ná die raad se besluit om weer ‘n nuwe waarnemende munisipale bestuurder aan te stel.

Tydens ‘n spesiale raadsvergadering op Vrydag (5 September) het die raad kennis geneem van ‘n aanbeveling van Limpopo se departement van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta) dat die munisipaliteit nie sy regsgeskil met die voormalige munisipale bestuurder, mnr. Ben Thobela, moet skik nie.

Mnr. Thobela is voorheen skuldig bevind aan finansiële wanbestuur na ’n interne ondersoek.
Sulke hofsake kan tot drie jaar duur om af te handel.

Die VF Plus het in die raad aanbeveel dat ‘n waarnemende munisipale bestuurder, gesekondeer van Cogta, aangestel word. Hierdie benadering sou onnodige en tydrowende politieke geskille voorkom. Die ANC-koukus het egter die aanbeveling verwerp.

Ten spyte hiervan, het die ANC-koukus sy meerderheidstem gebruik om mnr. Charles Malema, die huidige hoof finansiële beampte, as die nuwe waarnemende munisipale bestuurder aan te stel.

Hierdie aanstelling vervang mnr. Patrick Shika, wie se vorige aanstelling in Junie vanjaar deur Cogta verwerp is omdat hy nie aan die wetlike vereistes vir die pos voldoen het nie.

Die aanstelling van ‘n tydelike waarnemende bestuurder, wat elke drie maande roteer, verhinder langtermyn-strategiese beplanning en -besluitneming binne die munisipaliteit.

Sonder ‘n behoorlik aangestelde en permanente munisipale bestuurder, kan aanspreeklikheid vir belangrike langtermyn-besluite nie vasgestel word nie.

Hierdie situasie kan beduidende en blywende gevolge hê vir die munisipaliteit se stabiliteit en dienslewering.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.