Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus waarsku oor Ekurhuleni se kragkrisis

Die VF Plus waarsku al maande lank oor die Ekurhuleni-metro se gebrekkige kragtariefstelsel wat gekenmerk word deur teenstrydighede, swak beplanning en ʼn gebrek aan openbare konsultasie.

Ten spyte van herhaalde vrae aan die burgemeester, Nkosindiphile Xhakaza, en die burgemeesterskomiteelid vir finansies, Jongizizwe Dlabathi, bly antwoorde verskuldig.

Die belangrikste probleme is:

  1. Geheimsinnige konsultasieproses: Openbare vergaderingskedules word nie amptelik bekendgemaak nie en raadslede en inwoners hoor slegs toevallig via Whatsapp daarvan.
  2. Teenstrydige tariewe: Die raad se Bylae 2-tariewe, wat kwansuis goedgekeur is, wag steeds op Nersa se formele goedkeuring, wat vrae laat ontstaan oor hul wettigheid.
  3. Onregverdige heffings: Nuwe grootmaat-herverkopersheffings is sonder konsultasie ingestel, wat duisende woonstelbewoners met onverklaarbare en onbetaalbare rekeninge laat.

Die VF Plus het die begroting nie gesteun nie weens hierdie foute en het gewaarsku dat lae-verbruik-huishoudings nou buitensporige verhogings betaal terwyl hoë-verbruik-kliënte bevoordeel word. Hierdie ongelykheid, gekombineer met ’n gebrek aan openbare deelname, oortree die Munisipale Stelselswet.

Die VF Plus eis:

  1. Onmiddellike publikasie van ’n volledige konsultasieskedule via amptelike kanale.
  2. Die vrystelling van Nersa se formele goedkeuringsbrief vir die 2025/26-tariewe.
  3. ’n Verduideliking waarom raadslede en inwoners in die duister gehou word oor teenstrydige tariefinligting.

Die VF Plus beskou dit as ’n regeringsmislukking wat inwoners met onregverdige rekeninge laat.

Die party sal hierdie saak verder eskaleer deur raadsmeganismes, formele vrae en deurlopende druk om inwoners te beskerm teen onwettige en onbetaalbare tariewe.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.