Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Rand Water verminder watertoevoer na Merafong met nog 20%

Die krane in die Merafong-plaaslike munisipaliteit (Carletonville, Fochville, Wedela) is besig om leeg te loop ná Rand Water Dinsdag die watertoevoer na dié munisipaliteit met ʼn verdere 20% verminder het.

Rand Water het reeds ʼn jaar gelede die munisipaliteit se watertoevoer met 20% verminder, wat toe al omvattende waterprobleme veroorsaak het.

Verskeie inwoners in hoogliggende woonbuurte is reeds sedert gister (Woensdag) sonder water.

Die munisipaliteit het op 2 Julie ʼn olyftak na Rand Water uitgesteek en R50 miljoen van sy uitstaande waterskuld betaal, maar dit was nie genoeg om ʼn beduidende verskil aan sy skuld van R1,4 miljard te maak nie.

Rand Water het die Johannesburgse hooggeregshof genader weens Merafong se versuim om sy historiese skuld te betaal.

Die hof het op 12 Junie beslis dat Merafong teen 30 Julie vanjaar ʼn voorlegging aan Rand Water moet doen om uit te spel hoe hy die agterstallige skuld gaan betaal.

Die munisipaliteit het die sperdatum verontagsaam waarna Rand Water besluit het om watertoevoer met nog 20% te verminder.

Die VF Plus het reeds ʼn brief gestuur aan die munisipale bestuurder, Dumisani Mabuza en die burgemeester, Nozuko Best, om die saak met erns aan te spreek omdat inwoners van Merafong nou ly onder hul onverantwoordelikheid.

Dit is tyd dat die munisipaliteit teen nie-betalende inwoners en diegene wat hulle aan waterdiefstal skuldig maak, optree.

Intussen word betalende inwoners gestraf vir die ANC se wanbestuur van die munisipaliteit.

Die enigste oplossing vir die dienslewering- en finansiële krisis waarin Merafong homself bevind, is om van die ANC ontslae te raak.

Nie eens ingryping vanaf die provinsiale regering maak tans hond haaraf in die munisipaliteit nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.