Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus verwelkom privaat sektor se betrokkenheid met ID’s en paspoorte

Die VF Plus verwelkom die aankondiging die departement van binnelandse sake sy digitale bankvennootskap nog verder uitgebrei het deurdat nog finansiële instellings aangedui het hulle gaan betrokke raak met die uitreiking van ID’s en paspoorte.

Ongeveer 840 takke van Capitec, First National Bank, Absa, Discovery en Standard Bank is nou by hierdie proses betrokke. Die departement het meer instellings genooi om deel te neem. Dit sluit in African Bank, Tyme Bank, Investec en Nedbank.

Die VF Plus het verlede maand in die parlement die privaatsektor se betrokkenheid met die hantering van hierdie dienste verwelkom.

Die party is van mening dat hierdie proses nie net die druk op die kantore van binnelandse sake sal verlig nie, maar ook tot gevolg sal hê dat mense nie meer vir ure in in lang toue hoef te staan en wag om by die oorvol kantore van die departement gehelp te word nie.

Die VF Plus het ook in die parlement verwys na die Heidelberg-kantoor in Gauteng waaroor die party klagtes ontvang het van lang rye mense wat besig was om die verkeer in die dorp se strate te ontwrig en sodoende die veiligheid van die publiek in gedrang bring.

Die party is ook bewus van inwoners van Gauteng wat selfs, weens die oorvol kantore en lang rye, reis na kantore in die Wes-Kaapse platteland om hul slim ID’s te laat uitreik en hul paspoorte te hernu omdat die diens meer doeltreffend en vinnig is.

Die VF Plus spreek die hoop uit dat hierdie dienste teen 2029 ten volle uitgebrei kan word na alle takke van finansiële instellings in Suid-Afrika en dat dit ‘n voorbeeld sal wees vir ander staatsdepartemente om die voorbeeld van hierdie departement te volg en die privaatsektor te betrek.

Dit sal lei tot meer doeltreffende dienslewering aan die Suid-Afrikaanse publiek.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.