Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Beleide na aanleiding van Bela: Onderwysstryd betree nuwe fase

Die stryd vir gemeenskapsgedrewe onderwys het met die publikasie van regulasies oor skole se toelatingsbeleide vir openbare deelname, ‘n nuwe fase betree.

Tot op datum was die stryd om die wet te beïnvloed. Van nou af sal dit wees om die bepalings daarvan te bestuur.

Die gepubliseerde regulasies is dalk die beste wat binne die raamwerk van hierdie verwerplike wet moontlik is. Dit vereis van die provinsiale departementshoof om in oorleg met die skoolbeheerliggaam op te tree.

Die skool se beheerliggaam (SBL) het die reg om sy toelatingsbeleid self op te stel en die departementshoof kan slegs intree as dit lyk of dit sekere kinders onregverdig uitsluit.

Wie die skoolgemeenskap is, bly problematies. Die regulasies kon vir skole voorsiening gemaak het waarvan die gemeenskap nie noodwendig in die skool se direkte omgewing is nie, maar versuim om dit te doen.

In die finale instansie is die gesag nou by die departementshoof, al is dit in oorleg. Dit maak dus van die openbare gemeenskapskool ‘n staatskool met die gemeenskap wat die bestuursverantwoordelikheid neem, maar nie die nodige gesag het nie.

Die VF Plus moedig belanghebbendes aan om insette te lewer. Intussen is dit noodsaaklik om die ruimte wat nog bestaan, te gebruik om ‘n nuwe onderwysbedeling tot stand te bring. Dit sal toenemend op bekostigbare onafhanklike onderwys steun.

Openbare en onafhanklike Afrikaanse skole moet toenemend saamwerk. Hulle dien dieselfde kultuurgemeenskap. Terwyl openbare skole tans meer hulpbronne tot hul beskikking het, kan die staat dit van hulle wegneem. Onafhanklike onderwys (insluitend tuisskole) beleef nog ‘n styl leerkurwe, maar beskik oor hul eie toekoms.

Eenheid van doel en strewe binne Afrikaanse onderwys in die breedste sin van die woord, is gebiedend noodsaaklik – en hierdie regulasies bevestig dit.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.