Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Vioolsdrif-grenspos sonder water: Noord-Kaapse departement van plaaslike regering moet ingryp

Die Vioolsdrif-grenspos aan die Suid-Afrika/Namibië-grens is reeds langer as ’n maand sonder water en daar moet ingegryp word om die situasie te beredder.

Grenspos-personeel moet onder onmenslike en onhigiëniese omstandighede werk en daar is geen duidelikheid oor wanneer die probleem opgelos sal word nie.

Dit is onaanvaarbaar dat ’n internasionale grenspos sonder basiese noodsaaklikhede soos water moet funksioneer. Die grenspos is ‘n sleutelpunt op die uitvoerroete vir varsprodukte wat aan die Oranjerivier se Noordoewer verbou word.

Die krisis het dus wyer implikasies vir handel, veiligheid en plaaslike gemeenskappe.

Die VF Plus in die Noord-Kaap doen ‘n beroep op die provinsiale departement van plaaslike regering om sonder verwyl in hierdie krisis in te gryp.

Watervoorsiening is voortdurend ‘n probleem in die Nama Khoi-plaaslike munisipaliteit, waarbinne die grenspos val.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.