Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Wes-Rand-distrik wil Donaldsondam sonder behoorlike kontrak verhuur

Die VF Plus steun nie die besluit van die Wes-Rand-distriksmunisipaliteit om ʼn mandaat aan die munisipale bestuurder, Elias Koloi, te gee om die bekende Donaldsondam onvoorwaardelik te verhuur nie.

Dié mandaat bevat geen voorwaarde waaraan die munisipale bestuurder moet voldoen nie, behalwe dat die huurkontrak vir nege jaar en elf maande geldig is. Daar is ook geen bepaling rakende die minimum huur vir die dam nie.

Die Donaldsdam, buite Westonaria in die Rand West-plaaslike munisipaliteit, behoort aan die munisipaliteit en was jare gelede ʼn gewilde ontspanningsoord. Deur die jare het die dam egter agteruitgegaan en geen onderhoud het plaasgevind nie.

Watertoetse het getoon dat die dam ʼn hoё konsentrasie suur mynwater bevat weens mynaktiwiteite in die omgewing.

Zama-Zama’s wat besig is met onwettige mynaktiwiteite beset ook die terrein.

Die VF Plus het voorgestel dat die item terugverwys word na die ekonomiese ontwikkelingskomitee om ʼn omvattende huurkontrak op te stel en weer aan die raad voor te lê.

Dié versoek is egter van die hand gewys.

Die VF Plus is nie teen die verhuring van die dam nie, maar dan moet dit tot voordeel van die gemeenskap geskied en die proses moet deursigtig wees.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.