Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Ekurhuleni moet vroeë-kinderontwikkelingsentrum open

Ekurhuleni se burgemeesterskomiteelid vir maatskaplike ontwikkeling, me. Bridget Thusi, het onderneem om die verwaarloosde Edenpark-sentrum vir vroeë-kinderontwikkeling se opening in Alberton te prioritiseer ná druk van die VF Plus.

Dié sentrum wat teen ʼn koste van R20 miljoen gebou en amptelik geopen is in Julie 2021, het nog geen kinders ingeneem nie.

ʼn Tenderproses om die ten volle gemeubileerde sentrum te verhuur en te bedryf, was onsuksesvol en die tender is op 24 November 2024 gekanselleer.

In die drie jaar wat die tender oop was, is geen aanbod ontvang nie.

Intussen is van die ligte gesteel asook ʼn drukpomp vir die twee 20 000-liter watertenks.

Die metro se sekuriteit is verantwoordelik vir die veiligheid van die sentrum.

Volgens Thusi sal sy en die burgemeester, mnr.. Nkosindiphile Xhakaza, die saak spoedig bespreek.

Tans is die sentrum ʼn wit olifant terwyl daar ʼn groot behoefte in die gemeenskap bestaan vir vroeë-kinderontwikkeling.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.