Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus ondersoek besluit van raadslid op Swellendam om ANC-mosie te steun

Ek het as leier van die VF Plus kennis geneem van die optrede van ‘n VF Plus-raadslid op Swellendam, mnr. Juan van Schalkwyk, om ‘n mosie van die ANC te steun om die DA-burgemeester, mnr. Francois du Rand, uit sy pos te verwyder.

Hierdie optrede was teen ‘n besluit van die VF Plus dat die party nie saam met die ANC sal stem in ‘n wantrouemosie van hierdie aard nie.

Die samewerking-stabiliseringspakt vir die Wes-Kaap tussen my en die leier van die DA, mnr. John Steenhuisen, is ver gevorder en daar word gewag vir die finale terugvoering van mnr. Steenhuisen.

Die Swellendam-aangeleentheid sal na die toepaslike strukture in die party verwys word vir ‘n behoorlike ondersoek en optrede.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.