Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Hofuitspraak teen onwettige grondbesetting bring hoop vir grondeienaars in Tshwane

Die VF Plus in die Tshwane-metroraad verwelkom die uitspraak van die hooggeregshof in Pretoria dat die uitsetting verlede jaar van onwettige grondbesetters op munisipale eiendom in De Wagendrift naby Cullinan, wettig was.

Dié hofuitspraak beklemtoon die belangrikheid om die korrekte proses te volg met die uitsetting van onwettige grondbesetters.

Luidens die hofstukke het 143 mense die munisipale eiendom onwettig beset.

In Augustus 2023 het die metro ʼn kennisgewing aan die besetters uitgereik om boubedrywighede te staak en om die halfgeboude strukture te verwyder.

Op 22 September 2023 het die metro voortgegaan om die onwettige strukture te verwyder.

Die grondbesetters het die hof genader vir ʼn bevel om die uitsetting onwettig en ongrondwetlik te verklaar.

Hulle het die hof gevra om die metro te dwing om hul toegang tot die eiendom te gee en al die boumateriaal terug te gee. Hulle het ook skadevergoeding van R1 500 per persoon versoek.

Die hof het al die eise van die hand gewys.

Die VF Plus waarsku alle potensiële grondbesetters dat die metro nie hierdie tipe wetteloosheid sal duld nie.

ʼn Belangrike aspek is dat dit altyd die grondeienaar se verantwoordelikheid is om die nodige stappe te neem om onwettige besetting te verhoed.

In bogenoemde geval is metro-eiendom onwettig beset en het die metro daadwerklik opgetree.

Dit is uiters belangrig om vroegtydige die korrekte uitsettingsprosedure te volg om onwettige grondbesettings suksesvol teen te werk.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.