Die VF Plus in Gauteng het na ‘n oorsigbesoek deur die Gautengse wetgewer se gemeenskapsveiligheid-portefeuljekomitee aan verskeie polisiekantore sy kommer uitgespreek oor die sigbare onderprestering van die Suid-Afrikaanse Polisiediens.
Die party het gedurende die besoek indringende vrae gevra aan die Gautengse polisiekommissaris, lt.genl. Elias Mawela, rakende korrupsie en die bevoegdheid van polisielede, toerusting, voertuig-instandhouding, die tekort aan helikopters, die byhou van wapen- en ammunisieregisters by polisiekantore en die werkdruk van beamptes.
Die VF Plus is van mening dat die polisie die bydrae van die gemeenskapspolisiëringforums (GPF) tot misdaadbekamping onderskat.
Die party sal volgehoue druk op provinsiale vlak toepas om kwelpunte aan te spreek sodat die polisie die gemeenskap met trots kan dien.
Kontaknommer: 071 640 7283


