Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Midvaal neem stappe teen finansiële hoof en munisipale bestuurder

Die voortdurende binnegevegte in die DA-beheerde Midvaal-munisipaliteit het nou ‘n punt bereik waar dit kan lei tot ernstige diensleweringsprobleme in die gebied.

Tydens ‘n onlangse raadsvergadering het dit aan die lig gekom dat daar moontlik wetlike oortredings was met die aanstelling van die finansiële hoof en munisipale bestuurder van die munisipaliteit. Die VF Plus vra al jare lank ongemaklike vrae in die raad oor magsmisbruik en ander ongerymdhede in Midvaal.

Die VF Plus verwelkom die raad se eensgesindheid vir ‘n voorstel dat verkwiste uitgawes en ongerymdhede voor die deur van die finansiële hoof en munisipale bestuurder geplaas moet word en dat hulle aanspreeklik gehou moet word vir die terugbetaling van fondse.

Die party is oortuig daarvan dat ander senior beamptes nou na vore sal tree om meer inligting rondom die saak bekend te maak.

Daar bestaan ook ‘n moontlikheid dat senior amptenare politic vir jare reeds beskerm.

Dit is net jammer Midvaal se belastingbetalers sal die rekening hiervoor moet betaal.

 

Kontaknommer: 071 640 7283

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.