fbpx
Vryheidsfront Plus

Gautengse kabinetskommeling: Makura moes eerder vir Lesufi as Kgosientso Ramokgopa vervang het

Die VF Plus het kennis geneem van die kabinetskommeling van die premier van Gauteng, David Makura, om te voldoen aan die ANC se kwota-beleid rakende vroue-verteenwoordiging. Dit beteken ‘n manspersoon verloor sy pos, wat in hierdie geval Kgosientso Ramokgopa is.

Die VF Plus is daarvan oortuig dit is ‘n verkeerde besluit. Die een persoon in die kabinet wat enorme probleme in Gauteng skep, nie sy werk na behore doen nie en polarisasie tussen gemeenskappe skep, is die LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi.

Premier Makura moes eerder van hom ontslae geraak het. Dan sou die verandering wat gemaak moes word om aan die sogenaamde kwota-aanstelling wat vroue aanbetref te voldoen, ‘n positiewe uitkoms gehad het. Kwotas en nie meriete nie, word nou weer afgedwing deur die ANC-regering.

Ramokgopa, wat nou sy posisie as LUR vir ekonomiese ontwikkeling kwyt is, moet noodgedwonge elders ontplooi word. Hy was ‘n persoon wat geluister het na die VF Plus rakende sake rondom ekonomiese ontwikkeling en was bereid om met die party saam te werk om te sorg dat Gauteng se ekonomie, sover moontlik, gesond gehou word.

Die momentum en kontinuïteit is nou verlore en daar moet nou weer met ‘n nuwe persoon bande gesmee word in die hoop dat dieselfde soort verhouding geskep word om uiteindelik soortgelyke uitsette te bewerkstellig.

Pemier Makura het ‘n groot fout gemaak en ‘n geleentheid gemis deur ontslae te raak van LUR Lesufi wat verdien om afgedank te word, veral omdat hy steeds op sosiale media Afrikaans afbreek en rassistiese aanmerkings maak.

Indien premier Makura Lesufi nie uit sy eie laat gaan nie, sal die VF Plus doelgerig voortgaan om Lesufi se foute uit te wys om hom sodoende uiteindelik te laat afdank.

Kontaknommer: 082 391 3117

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.