Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Hlaudi Motsoeneng se SABC moet blaam dra vir dapper Suna Venter se dood

Die VF Plus wil hiermee sy meegevoel betuig met die naasbestaandes en vriende van die joernalis Suna Venter wat gister oorlede is. Sy was 'n dapper en onverskrokke joernalis en mens.

Die VF Plus veroordeel die gebeure verlede jaar by haar werkgewer die SAUK en is van mening dat dit direk bygedra het tot haar stresverwante siekte en afsterwe. Sy het as deel van die SAUK-Agt opgestaan teen redaksionele inmenging van die korporasie en is aanvanklik daaroor geskors.

Wat sy moes deurmaak om haar saak te stel, was skokkend en kom neer op teistering op die hoogste vlak. Die oorsprong hiervan kan net voor die deur van Hlaudi Motsoeneng se SAUK gelê word.

Daar behoort 'n behoorlike polisie-ondersoek plaas te vind om te bepaal wat die oorsprong van die dade teen haar was, insluitende voorvalle waar op haar geskiet is.

Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.