Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus veroordeel viktimisering van joernaliste ten sterkste

Die VF Plus veroordeel die viktimisering van joernaliste ten sterkste en steun die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) in hul aksie teen Black First Land First (BLF) wat die joernaliste afdreig, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor kommunikasie.

BLF het in ‘n onlangse verklaring gesê hulle gaan joernaliste ‘teiken’ wat “rassisme, laster, fopnuus en die beskerming van wit korrupsie onder die dekmantel van joernalistiek” versprei.

Die joernaliste wat genoem word, is Peter Bruce, hoofredakteur van Business Day, Sam Sole van ama-Bhungane, Adriaan Basson, redakteur van News24, Stephen Grootes, politieke joernalis van EWN, Max du Preez, politieke joernalis en kommentator, Barry Bateman, joernalis van EWN en Alec Hogg, ‘n sakejoernalis.

Adv. Alberts sê dit is uiters kommerwekkend dat joernaliste nou geteiken word aangesien hulle met die oopvlekking van staatskorrupsie as ‘n belangrike skild staan tussen die burgers van Suid-Afrika en totale staatskaping met die gepaardgaande stroping van die fiskus.

“Dit is duidelik dat duister magte gelei deur die Guptas en pres. Jacob Zuma nou in ‘n desperate Mafia-agtige styl oorlog verklaar het teen diegene wat hul dade oopvlek.

“Die oorlog teen die gewone landsburgers het nou oorgegaan na die vlak van persoonlike aanvalle en leed. Die afsterwe van die joernalis Suna Venter en die skrikwekkende viktimisering waaraan sy onderwerp, is, is ‘n voorbeeld hiervan.

“Dit is belangrik dat alle regdenkende mense in die land nou in eenheid saamstaan teen die aanslag aangesien die desperaatheid van die staatskapers wys hulle besef hul einde is naby. Die VF Plus sal Sanef daarom steun in sy aksie teen BLF,” sê adv. Alberts.

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.